Regters 9

Study

       

1 En Abiméleg, die seun van Jerúbbaäl, het heengegaan na Sigem, na die broers van sy moeder, en hy het met hulle en met die hele geslag van sy moeder se familie gespreek en gesê:

2 Spreek tog voor die ore van al die burgers van Sigem: Wat is vir julle beter--dat sewentig man, almal seuns van Jerúbbaäl, oor julle heers, of dat een man oor julle heers? En dink daaraan dat ek julle gebeente en julle vlees is.

3 Toe die broers van sy moeder al hierdie woorde voor die ore van al die burgers van Sigem oor hom spreek, het hulle hart Abiméleg gevolg; want hulle het gesê: Hy is ons broer.

4 Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Baäl-Berít gegee, en daarmee het Abiméleg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.

5 En hy het in die huis van sy vader gegaan, in Ofra, en sy broers, die seuns van Jerúbbaäl, sewentig man, op een klip vermoor; maar Jotam, die jongste seun van Jerúbbaäl, het oorgebly, want hy het weggekruip.

6 Daarop het al die burgers van Sigem en die hele huis Millo bymekaargekom en Abiméleg gaan koning maak by die terpentynboom van die gedenkteken wat by Sigem is.

7 Toe hulle dit aan Jotam meedeel, het hy op die top van die berg Gerísim gaan staan en sy stem verhef en uitgeroep en aan hulle gesê: Luister na my, burgers van Sigem, sodat God na julle kan Luister.

8 Eendag het die bome gegaan om 'n koning oor hulle te salf en aan die olyfboom gesê: Wees koning oor ons!

9 Maar die olyfboom het vir hulle gesê: Sou ek my vettigheid opgee wat God en die mense in my prys, en oor die bome gaan swewe?

10 Toe die bome vir die vyeboom: Kom jy, wees koning oor ons.

11 Maar die vyeboom het vir hulle gesê: Sou ek my soetigheid en my goeie vrugte opgee en oor die bome gaan swewe?

12 Toe die bome vir die wingerdstok: Kom jy, wees koning oor ons.

13 Maar die wingerdstok het vir hulle gesê: Sou ek my mos opgee wat God en die mense vrolik maak, en oor die bome gaan swewe?

14 Toe al die bome vir die steekdoring: Kom jy, wees koning oor ons!

15 En die steekdoring het vir die bome gesê: As julle in waarheid my as koning oor julle salf, kom dan, skuil in my skaduwee; maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit die steekdoring en die seders van die Líbanon verteer.

16 As julle dan nou in waarheid en in opregtheid gehandel het deur Abiméleg koning te maak, en as julle goed gedoen het aan Jerúbbaäl en sy huis, en as julle aan hom gedoen het na die verdienste van sy hande--

17 julle vir wie my vader geveg en sy lewe gewaag het, en wat hy uit die hand van die Midianiete gered het,

18 maar wat vandag opgestaan het teen die huis van my vader, en sy seuns, sewentig man, op een klip vermoor het en Abiméleg, die seun van sy slavin, koning gemaak het oor die burgers van Sigem omdat hy julle broer is--

19 as julle dan vandag in waarheid en in opregtheid gehandel het met Jerúbbaäl en sy huis, wees dan vrolik oor Abiméleg, en mag hy ook vrolik wees oor julle.

20 Maar so nie, laat daar dan vuur uitgaan uit Abiméleg en die burgers van Sigem en die huis Millo verteer; en laat daar vuur uitgaan uit die burgers van Sigem en uit die huis Millo en Abiméleg verteer.

21 Daarop het Jotam padgegee en weggevlug en na Beër gegaan en daar gebly vanweë Abiméleg, sy broer.

22 Toe Abiméleg drie jaar oor Israel geheers het,

23 het God 'n bose gees gestuur tussen Abiméleg en die burgers van Sigem, en die burgers van Sigem het troueloos gehandel teen Abiméleg,

24 sodat die onreg teen die sewentig seuns van Jerúbbaäl sou uitkom, en Hy hulle bloed sou lê op hul broer Abiméleg wat hulle vermoor het, ook op die burgers van Sigem wat sy hande versterk het om sy broers te vermoor.

25 So het die burgers van Sigem dan teen hom hinderlae opgestel bo-op die berge en almal beroof wat op die pad by hulle verbykom. En dit is aan Abiméleg meegedeel.

26 Toe kom Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers en hulle trek oor na Sigem toe; en die burgers van Sigem het op hom vertrou.

27 En hulle het uitgegaan in die veld en hulle wingerde afgeoes en uitgetrap en oesfees gehou; daarop het hulle in die huis van hulle god ingegaan en geëet en gedrink en Abiméleg gevloek.

28 Toe Gaäl, die seun van Ebed: Wie is Abiméleg--en wat is Sigem--dat ons hom sou dien? Is hy nie die seun van Jerúbbaäl, en is Sebul nie sy stadsbestuurder nie? dien die manne van Hemor, die vader van Sigem, maar waarom moet óns hom dien?

29 Ag, was hierdie volk maar in my hand, dan sou ek Abiméleg wegjaag! En met die oog op Abiméleg het hy gesê: Vermeerder maar jou leër en trek uit!

30 Toe Sebul, die owerste van die stad, die woorde van Gaäl, die seun van Ebed, hoor, het hy kwaad geword

31 en listig boodskappers na Abiméleg gestuur om te sê: Kyk, Gaäl, die seun van Ebed, met sy broers, het in Sigem gekom, en kyk, hulle maak die stad teen u op.

32 Maak dan nou in die nag klaar, u met die manskappe wat by u is, en stel 'n hinderlaag op in die veld.

33 Dan kan u in die môre vroeg as die son uitkom, u gereed hou en 'n aanval teen die stad maak; en as hy met die manskappe wat by hom is, uittrek na u toe, handel dan met hom na bevind van sake.

34 Daarop het Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, in die nag klaargemaak en hinderlae in vier dele by Sigem opgestel.

35 En Gaäl, die seun van Ebed, het uitgegaan en by die ingang van die stadspoort gaan staan; en toe Abiméleg en al die manskappe wat by hom was, opstaan uit die hinderlaag,

36 sien Gaäl die manskappe en vir Sebul: Kyk, daar kom mense van die bergtoppe af; maar Sebul vir hom: Jy sien die skaduwee van die berge vir mense aan!

37 Maar Gaäl hou aan en : Kyk, daar kom mense van die hoogste punt van die land af, en een deel kom uit die rigting van die eik van die towenaar.

38 Daarop Sebul vir hom: Waar is nou jou mond waarmee jy gesê het: Wie is Abiméleg, dat ons hom sou dien? Is dit nie die manskappe wat jy verag het nie? Trek nou tog uit en veg teen hulle!

39 Toe trek Gaäl uit voor die burgers van Sigem en veg teen Abiméleg.

40 Maar Abiméleg het hom agtervolg, en hy het voor hom uit gevlug, en baie het gesneuwel tot by die ingang van die poort.

41 En Abiméleg het in Aruma gebly, maar Sebul het Gaäl en sy broers verjaag, dat hulle nie in Sigem kon bly woon nie.

42 En toe die mense die volgende dag uittrek in die veld, is dit aan Abiméleg meegedeel.

43 Daarop het hy die manskappe geneem en hulle in drie dele verdeel en 'n hinderlaag opgestel in die veld; en toe hy sien dat die mense die stad uittrek, val hy op hulle aan en verslaan hulle.

44 Want Abiméleg en die dele wat by hom was, het ingestorm en gaan staan by die ingang van die stadspoort, en die ander twee dele het almal wat in die veld was, bestorm en hulle verslaan.

45 En Abiméleg het daardie hele dag teen die stad geveg en die stad ingeneem en die mense wat daarin was, gedood en die stad afgebreek en dit met sout besaai.

46 Toe al die burgers van die toring van Sigem dit hoor, gaan hulle in die kelder van die tempel van El-Berít in.

47 En toe dit aan Abiméleg meegedeel is dat al die burgers van die toring van Sigem bymekaargekom het,

48 klim Abiméleg, hy en al die manskappe wat by hom was, op die berg Salmon; en Abiméleg het byle met hom saamgeneem en 'n boomtak afgekap en opgetel en dit op sy skouer gesit en aan die manskappe wat by hom was, gesê: Wat julle my sien doen, doen dit my gou na.

49 Daarop kap al die manskappe ook elkeen sy tak af en hulle volg Abiméleg en gooi dit op die kelder en steek die kelder bo-op hulle aan die brand, sodat ook al die mense van die Sigemstoring, omtrent duisend manne en vroue, gesterf het.

50 Daarna het Abiméleg na Tebes getrek en Tebes beleër en dit ingeneem.

51 Maar in die middel van die stad was 'n sterk toring; en daarheen het al die manne en vroue en al die burgers van die stad gevlug, en hulle het agter hulle toegesluit en bo-op die dak van die toring geklim.

52 En Abiméleg het gekom tot by die toring en daarteen geveg; maar toe hy nader kom tot by die ingang van die toring om dit met vuur te verbrand,

53 gooi 'n vrou die boonste meulsteen op die hoof van Abiméleg en verbrysel sy skedel.

54 Toe roep hy gou die dienaar, sy wapendraer, en vir hom: Trek jou swaard uit en maak my van kant, dat hulle nie van my kan : 'n Vrou het hom gedood nie. Daarop het sy dienaar hom deurboor, en hy het gesterwe.

55 En toe die manne van Israel sien dat Abiméleg dood was, het hulle elkeen na sy woonplek gegaan.

56 So het God dan die kwaad van Abiméleg vergelde wat hy sy vader aangedoen het deur sy sewentig broers te vermoor.

57 En al die kwaad van die manne van Sigem het God op hulle eie hoof laat neerkom; en die vloek van Jotam, die seun van Jerúbbaäl, het oor hulle gekom.

  

Exploring the Meaning of Regters 9      

Napsal(a) Rev. Julian Duckworth

Judges 9: Abimelech’s conspiracy, the parable of the trees, Abimelech’s downfall.

This chapter follows the story of Gideon’s many sons; he had seventy sons by his many wives, and also one other son, Abimelech, by a concubine. After Gideon’s death, Abimelech went to the men of Shechem, where his mother’s family lived, and asked them if they would rather be ruled by seventy sons, or by him. The men of Shechem agreed it would be better to have one king, so they gave him seventy pieces of silver from the temple of Baal. Using the silver, Abimelech hired men to come with him, and they killed the seventy sons of Gideon except the youngest, Jotham, who hid. Then they anointed Abimelech king.

When Jotham heard the news, he stood on the top of Mount Gerizim and taunted the men of Shechem with a parable. In his parable, the trees were searching for a king to lead them; they ask the olive, then the fig, then the vine to rule over them. Each refuses, because they do not want to give up their special purpose. Finally, the bramble agrees to lead them, but gives them the choice of either sheltering in its non-existent shade or being consumed by its own fire.

Jotham explained the parable, warning that Abimelech and the men of Shechem would more than likely tear each other down in the end. Then he fled to Beer to escape his brother’s vengeance.

After Abimelech had ruled Israel for three years, the Lord sent an evil spirit to spark ill-will between Abimelech and the men of Shechem. This evil spirit was meant to avenge the killing of Gideon’s seventy sons.

The rest of this chapter describes the city’s descent into chaos, illustrating the various manifestations of evil and falsity through many examples. Robbers were sent to ambush travellers in the mountains, the people of Shechem drunkenly cursed Abimelech in the temple of their god, and the tower of Shechem was burned, killing a thousand hiding in it. Finally, Abimelech lay siege to Thebez, and the people took shelter on the top of a tower there. When he tried to burn that tower, a woman hurled down a millstone to break Abimelech’s skull. In his final moments, Abimelech commanded his armourbearer to kill him with his sword, so that people would not say he was killed by a woman. All of these incidents depict the absolute corruption under Abimelech’s rule.

*****

The key to understanding this story is that Gideon’s son, Abimelech, is the son of a concubine, not a lawful wife. Spiritually speaking, a concubine stands for a love that has become distorted. A genuine love for someone is a love for sake of that other person, while a distorted love means loving someone for what we can get from them (see Swedenborg’s work, Divine Love and Wisdom 271[2], on the love of dominating for the sake of self-love).

The references to Gideon’s seventy sons stand for the enormity of Abimelech’s wrongdoing. The number ‘seven’ stands for something fully worked through, and seventy even more so.

Jotham’s parable presents three levels of pure love: the love of the Lord (the olive with its fragrant oil), the love of truth (the vine with its rich wine), and the love of use (the fig with its abundant seeds). The bramble, with its painful grip, stands for a love of evil and falsity (see Swedenborg’s work, Arcana Caelestia 273).

The evil spirit sent by the Lord seems to show that God was punishing his own people, but that is only how things appear (Arcana Caelestia 1838). When we look deeper, we will realize that we are punished by our own evil actions, for evil breeds more evil and there is no rest for the wicked (see Isaiah 48:22). In regeneration, the process of breaking down the power of evil and false states in ourselves is called “vastation”. Once we have done the grueling work to minimize these influences over us, we can fully appreciate the joys of spiritual life (Arcana Caelestia 2694[2]).

Spiritually, an ambush depicts the way hell attacks our minds: without warning. Drunkenness and cursing a former ally stands for the abandonment of all values and integrity. The tower represents the pride which rises up in self-love and love of dominance, and beyond that, Abimelech’s aversion to being killed by a woman stands for the rejection of all that is good and true. Her millstone grinds corn to make it edible, in the same way that we must process truths to put them to use (see Swedenborg’s work, Apocalypse Explained 1182).

This powerful chapter shows the descent of evil into greater evils, until they become so consuming they have no vestige of good left, and no recognition of truth remaining. The final two verses state: “Thus God repaid the wickedness of Abimelech, which he had done to his father by killing his seventy brothers. And all the evil of the men of Shechem God returned on their own heads, and on them came the curse of Jotham the son of Gideon.”

    Studovat vnitřní smysl

Přeložit: