Exodus 8

Study

       

1 Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

2 En as jy weier om hulle te laat trek, Kyk, dan sal Ek jou hele grondgebied met paddas teister,

3 sodat die Nyl van paddas sal wemel. En hulle sal opklim en in jou huis kom en in jou slaapkamer en op jou bed; ook in die huis van jou dienaars en onder jou volk, en in jou bakoonde en in jou bakskottels.

4 En die paddas sal teen jou en teen jou volk en teen al jou dienaars opspring.

5 Verder het die HERE met Moses gespreek: aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.

6 En Aäron het sy hand oor die waters van Egipte uitgesteek, en daar het paddas opgekom en Egipteland oordek.

7 Maar die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste en paddas laat opkom oor Egipteland.

8 Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.

9 Maar Moses aan Farao: Aan u die eer bo my! Teen watter tyd moet ek vir u en u dienaars en vir u volk bid, dat die paddas van u en uit u huise uitgeroei word om net in die Nyl oor te bly?

10 En hy antwoord: Teen môre. Toe hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.

11 En die paddas sal u en u huise en u dienaars en u volk verlaat. Net in die Nyl sal hulle oorbly.

12 Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.

13 En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.

14 En hulle het dit by hope bymekaargemaak, en die land het gestink.

15 En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.

16 Verder het die HERE met Moses gespreek: aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.

17 En hulle het so gedoen: Aäron het sy hand met sy staf uitgesteek en die stof van die aarde geslaan, en daar het muskiete gekom op die mense en op die vee. Al die stof van die aarde het muskiete geword in die hele Egipteland.

18 En die towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste om die muskiete voort te bring, maar hulle kon nie. So was die muskiete dan op die mense en op die vee.

19 Toe die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.

20 Verder het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao--kyk, hy sal na die water toe uitgaan en vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.

21 Want as jy my volk nie laat trek nie, kyk, dan stuur Ek teen jou en teen jou dienaars en teen jou volk en teen jou huise die steekvlieë, sodat die huise van die Egiptenaars vol steekvlieë sal wees, en selfs die grond waar hulle op staan.

22 Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die HERE is in die land.

23 En Ek sal 'n verlossing stel tussen my volk en jou volk. Môre sal hierdie teken plaasvind.

24 En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.

25 Toe laat Farao Moses en Aäron roep en : Gaan heen, offer aan julle God in die land.

26 Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?

27 Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.

28 Toe Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.

29 En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie.

30 Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.

31 En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.

32 Maar Farao het sy hart ook hierdie keer verhard en die volk nie laat trek nie.

  

Exploring the Meaning of Exodus 8      

Napsal(a) Emanuel Swedenborg

Arcana Coelestia 7378. In this chapter, in the internal sense, the subject is continued of the vastation of those who are in falsities, and who infest the upright in the other life. The first two degrees of vastation were described in the preceding chapter, also the third degree in part, which was that they reasoned only from mere falsities. Reasonings from mere falsities are signified by "the frogs;" which subject is continued in this chapter; and then the fourth and fifth degrees of the vastation of those who are in falsities and infest the upright in the other life are treated of. The fourth degree is that they were in evils which destroyed every good with them, also whatever they had from natural good; these are signified by the lice from the dust of the land. The fifth degree is that they were in falsities from these evils, whereby every truth would be destroyed; these are signified by the noisome fly.

    Studovat vnitřní smysl

Přeložit: