Jeremiah 45

Study the Inner Meaning

Afrikaans 1953     

← Jeremiah 44   Jeremiah 46 →

1 Die woord wat die profeet Jeremia aan Barug, die seun van Nería, meegedeel het toe hy hierdie woorde uit die mond van Jeremia in 'n boek geskrywe het, in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:

2 So spreek die HERE, die God van Israel, aangaande jou, o Barug!

3 Jy sê: Wee my tog, want die HERE het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!

4 So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.

5 En sou jy vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek die HERE; maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.

← Jeremiah 44   Jeremiah 46 →
   Study the Inner Meaning
From Swedenborg's Works

Main explanations:

The Inner Meaning of the Prophets and Psalms 111


Other references to this chapter:

Arcana Coelestia 10283

Apocalypse Revealed 748

Conjugial Love 156

Doctrine of the Lord 53

True Christian Religion 158


References from Swedenborg's unpublished works:

Apocalypse Explained 750, 1082

Other New Christian Commentary

  Stories and their meanings:

Hop to Similar Bible Verses

2 Kings 5:26

Psalms 6:7

Isaiah 5:5

Jeremiah 25:15, 16, 32:12, 36:1, 2, 4, 39:18

Lamentations 2:6

Hosea 14

2 Timothy 3


Translate: